Die minister van Polisie, generaal Bheki Cele, sê die ministerie bly baie bekommerd oor die tempo waarteen polisiebeamptes tydens die uitvoering van hul pligte vermoor word.
Cele het vroeër die misdaadstatistieke vir die eerste kwartaal van 2023/2024-boekjaar bekend gemaak.
Hy sê dit kan nie normaal wees dat 31 polisiebeamptes in drie maande vermoor is nie.