Alhoewel die politieke kenner prof Sethulego Matebesi glo die ANC sal 50% steun in die Vrystaat kry in die komende verkiesing, is die verwagting dat die party se steun aansienlik sal daal. Die DA se Vrystaatse voorsitter en verkiesingshoof, Werner Horn, stem nie saam nie en het aan Netwerk 24 gesê die ANC se steun kan tot onder 50% val.
Horn het gesê die ANC het nog nie in die verkiesingsveldtog uit die blokke gekom nie. Hy het gesê dit was sigbaar tydens die twee registrasienaweke dat die kiesersopkoms by die stempunte waar die ANC tradisioneel oorheers, baie swak was. Horn het gesê kieser-registrasie-patrone is gewoonlik ‘n akkurate voorspelling van die kieser opkoms met die daaropvolgende verkiesing.