Politieke ontleders en kenners is bekommerd oor die ANC se besluit om sy sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, na Moskou in Rusland te stuur om deel te neem aan die stigting van ʼn organisasie wat glo die dominansie van die Weste wil takel en neokolonialisme wil uitroei.

Sowat 50 lande gaan deelneem aan die geleentheid. Hulle meen die ANC moet nie onnodig op die Weste te tone trap nie en dat hierdie besluit neerkom op ʼn teen-imperialistiese benadering. Die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA is reeds besig om te verbrokkel en hierdie besluit kan net verdere olie op die vuur wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×