Die Verkiesingskommissie sê 13 politieke partye het in die vierde kwartaal van die finansiële jaar, meer as R172 miljoen in skenkings ontvang.

Dit is die eerste keer sedert die aanvang van die Wet op die Finansiering van Politieke Partye dat skenkings in één kwartaal die R100 miljoen kerf verbygesteek het. SABC-nuus berig die DA het in dié tydperk R65 miljoen in skenkings ontvang, terwyl Rodger Jardine se politieke party – Change Starts Now, meer as R35 miljoen gekry het.

Dié party neem nie aan vanjaar se verkiesing deel nie.

Die IVP het ‘n R20-miljoen skenking van die Oppenheimer-familie gekry, terwyl die ANC meer as R16 miljoen en Rise Mzanzi meer as R15 miljoen verklaar het. Die EFF het meer as twee miloen rand ontvang van maatskappye wat verbind word met die sakeman Patrice Motsepe.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×