Die verkiesingshof het politieke partye tot môre gegee om dokumente in te dien in die saak van die ATM oor die verkiesing. Die party beweer dat vanjaar se verkiesing bedrog is en wil hê dit moet nietig verklaar word.
Die MK-party wat ook beweer het dat hulle bewyse het van verkiesingsbedrog, het intussen hul saak by die hof teruggetrek. Beide die ATM en die MK-party het nog nie bewyse van hul bewerings gelewer nie.