Politieke partye het grootliks die voorgestelde BTW-verhoging van een persentasiepunt oor die volgende twee jaar, gekritiseer.
Die BTW-verhoging is Woensdag in die Minister van Finansies, Enoch Godongwana se begrotingsrede bekend gemaak.
SABC-nuus berig die ACDP se woordvoerder, Steve Swart, sê hulle glo daar is ander alternatiewe as die BTW-verhoging, insluitend om die 800 miljard rand in te vorder wat aan die Inkomstediens verskuldig is.
Die UDM se hoofsweep het kommer uitgespreek dat daar vir twee agtereenvolgende BTW-verhogings begroot word, ondanks planne dat die ekonomie moet groei.
Die MK-party sê die verhoging in BTW gaan swart Suid-Afrikaners die meeste raak. Die DA het vroeër reeds aangedui dat hy nie die BTW-verhoging steun nie.
LUISTER HIER: