Politieke partye moet hul verkiesingsplakkate op straatpale regoor die land verwyder of boetes in die gesig staar. Die partye het die plakkate voor verlede maand se verkiesing opgesit en kiesers aangemoedig om vir hulle te stem.

Die gebruik van plakkate word deur munisipale verordeninge beheer en munisipaliteite kan politieke partye beboet vir die oortreding van hierdie verordeninge. Sommige munisipaliteite noem dat die plakkate binne 10 dae nadat die verkiesing plaasgevind het, verwyder moet word.

Intussen gaan gesprekke tussen politieke partye oor die vorming van ‘n regering van nasionale eenheid na verwagting hierdie week verskerp. Partye het ná verlede maand se verkiesing een week oor om ‘n regering te vorm. Geen politieke party het genoeg stemme gekry om op sy eie te regeer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×