Verskeie politieke partye sal vandag met adjunk-president Paul Mashatile vergader om die kwessie van koalisieregerings te bespreek. Die DA is een van die partye wat dit gaan bywoon. Die DA sê mosies van wantroue in burgemeesters word in koalisieregerings in metro’s en munisipaliteite misbruik. Die party meen dit kan rampspoedig wees as dit op nasionale en provinsiale vlak begin gebeur. Daarom behoort die gebruik van sulke mosies volgens die DA tot een keer per jaar beperk te word. Partye wat volgens berigte vandag aan die gesprek gaan deelneem sluit die DA, ANC, IVP, VF Plus en Cope in.
