Politieke partye sal binnekort gevra word vir die name van hulle LP’s vir die parlementêre ad hoc-komitee oor Mkhwebane

Luidens berigte sal politieke partye binnekort gevra word vir die name van hulle LP’s vir die parlementêre ad hoc-komitee wat oor die lot van die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, sal besluit.

Netwerk24 berig dit was Donderdagoggend in ‘n sitting van die NV se programkomitee die antwoord van Masibulele Xaso, sekretaris van die Nasionale Vergadering, op die vraag van Natasha Mazzone, die DA se hoofsweep, of LP’s ‘n aanduiding gaan kry wanneer die komitee vir die ondersoek teen die OB tot stand gaan kom.

Die OB-woordvoerder, Oupa Segalwe, het gesê die OB-kantoor het geen kommentaar om te lewer oor die aanvaarding van die verslag teen Mkhwebane op hierdie stadium nie.

Luister na potgooie hieronder