Om te verhoed dat politieke partye geleenthede hou wat miljoene rand kos, stel ActionSA stel voor dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) toegang tot die bankrekeninge van politieke partye moet kry.
ActionSA het die aansoek wat deur die My Vote Counts-organisasie gebring is om dele van die Wet op Partyfinansiering ongrondwetlik te verklaar, in die hooggeregshof in die Wes-Kaap teegestaan.
ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê toegang tot die bankrekeninge is belangrik aangesien sommige politieke partye miljoene rande aan een geleentheid bestee, terwyl hulle glo net R300 000 verklaar het.
Beaumont voeg by die OVK moet die mag kry om behoorlik ondersoek in te stel.