Politieke partye spreek hulle uit oor die jongste ouditsyfers

Die IVP sê weens die feit dat daar nie gevolge is vir finansiële bestuurslui op nasionale en provinsiale vlak is die party is nie verbaas oor die ouditsyfers wat deur die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke bekend gemaak is nie.

Die IVP sê staatsdepartemente en staatsinstansies sal aanhou met die onregmatige besteding van miljarde rand, as daar nie daadwerklik opgetree gaan word nie.

Die IVP vra vir ‘n afsonderlike eenheid wat korrupsie in die staatsektor takel.

Die ACDP het op sy beurt die Ouditeur-generaal se verbeterde oudituitkomste vir 2019/2020 verwelkom, maar sê daar is syfers wat steeds kommer wek.

Alhowel die oudits van 66 instansies verbeter het, het 35 se oudits verswak.

Die ACDP het sy kommer uitgespreek oor die klein getal skoon oudits van slegs 17% van nasionale en provinsiale
departemente, asook dié entiteite wat nie hul stawende dokumente van miljarde rand kon opspoor nie.

Luister na potgooie hieronder