Politieke partye wat vir die komende algemene verkiesing meeding, het aan die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika gesê daar sal geen ontwrigting, intimidasie of onregverdige verkiesing wees nie.

Altesaam 52 partye sal meeding vir setels in die Nasionale Vergadering in wat beskryf word as die mees mededingende verkiesing sedert 1994. Met die verkiesing wat oor bietjie meer as maand op 29 Mei gehou word is daar opnuut vrese dat die demokratiese proses deur vuil politiek oorskadu sal word. Die ondertekening van die Verkiesingsgedragskode is dus baie betekenisvol vir die komende verkiesing.

error: Inhoud is beskerm !!