Die begrafnisdiens van 14 van die slagoffers, waaronder 13 kinders, van ʼn ongeluk naby Pongola in KwaZulu-Natal, het Saterdag plaasgevind. Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, en die minister van Polisie, Bheki Cele, het die diens bygewoon. Mbalula het gesê verbeterings van ongeveer twee-komma-vyf miljard rand word vir die N2 beplan. Hy het ook vroeër verlede week gesê die oorskakeling van padvragvervoer na spoorvervoer in die land moet dingend aandag kry. Agtien leerlinge, ʼn onderwyser en die bestuurder van ʼn bakkie is op 16 September dood toe die bakkie waarin hulle vervoer is reg van voor teen ʼn vragmotor gebots het. Daar is berig die ongeluk het glo gebeur toe die vragmotor talle voertuie op ‘n soliede streep verby gesteek het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×