Die vakbond vir Polisie- en Gevangenisdienste, POPCRU het die justisie-kluster weer uitgedaag oor ‘n aantal kwessies wat die polisiëringsektor raak. Die vakbond se nasionale uitvoerende komitee het Vrydag vergader om ‘n reeks kwessies te bespreek, insluitend kommer oor die toename in polisiesterftes, hoë misdaadsyfers en loongeskille. POPCRU wil hê die regering moet ingryp. Die hoofsekretaris van die vakbond, Jeff Dladla, het gesê die geloofwaardigheid van die strafregstelsel is op ‘n laagtepunt. Die kluster bestaan uit die Polisie, Justisie, Korrektiewe Dienste, Binnelandse Sake, Verdediging en Militêre Veterane. Ongeveer drieduisend lede van POPCRU sal Maandag na die Uniegebou in Pretoria opruk. Hulle eis ʼn tien persent salarisverhoging, terugwerkend sedert 1 April vanjaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×