Die departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologie sê die sakereddingsproses by die Suid-Afrikaanse Poskantoor kan tot gevolg hê dat net meer as 600 takke landwyd oorbly.

SABC-nuus berig die departement sê hulle probeer om die posbesnoeiings by die entiteit te beperk. Daar sal glo beperkte dienste aangebied word op die plekke waar takke moet sluit.

LEES MEER: Sowat 4 700 poskantoorwerkers kry afleggingsbriewe

Die minister, Mondli Gungubele, sê hy is vol vertroue dat die Poskantoor op koers is om te herstel. Hy sê die ingrypings van die sakereddingsproses het ten doel om ‘n organisasie te skep wat lewensvatbaar is, en wat kan herstel om die minimum universele diensverpligtigtinge na te kom.

Die minister sê hy kan nog nie bekend maak watter takke sal sluit en watter sal oop bly nie, omdat die proses nog nie afgehandel is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×