Volgens bankamptenare sal hulle elke dag 100 000 goue-kaarte na die nuwe Post Bank swartkaarte moet omruil om die nuwe sperdatum te haal.

Die bank kon nie die sperdatum vir die omruil van die kaarte haal nie, en dit is intussen deur die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) tot volgende maand verleng.

Hulle het maatskaplike toelae-begunstigdes die skuld gegee omdat hulle nie opgedaag het om hul kaarte te verander nie. Intussen blameer parlementslede die vertragings op Post Bank en Sassa.

Die Ministerie van Maatskaplike Ontwikkeling se woordvoerder, Sandi Mbatsha, het vroeër gesê mobiele kantore sal na landelike gebiede gestuur word om inwoners by te staan. Hy voeg by begunstigdes wat nie die kaarte teen die nuwe sperdatum omruil nie, steeds hul toelaes sal ontvang.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×