Post Bank sal voortgaan om kaarte by al sy bestaande kaartvervangingspersele ná vandag se sperdatum te vervang.
Eyewitness News berig SASSA-begunstigdes het net ‘n paar uur oor om hul sake in orde te kry deur hul SASSA-goue kaarte vir nuwe die Post Bank swart kaarte te verruil.
Die uitvoerende hoof van Post Bank, Nikki Mbengashe, sê alhoewel rekeningnommers nie verander nie, en toelaes steeds in begunstigdes se bankrekening inbetaal sal word, moet hulle nie probeer om hul goue kaarte na vandag te gebruik om toegang tot hul toelae te verkry nie.
Begunstigdes wat nog nie die nuwe Post Bank-kaart gekry het nie, het die opsie om hul betalings by poskantoortakke te ontvang, maar hulle word gewaarsku dat die opsie nie vir lank geldig sal wees nie.