Die JB Marks plaaslike munisipaliteit in Noordwes kan moontlik later vanjaar weer in die oorspronklike twee munisipaliteite verdeel word.

Dit volg op oproepe dat die munisipaliteit weer volgens die grense van die voormalige Ventersdorp- en Tlokwe-munisipaliteit van Potchefstroom ingedeel word.

Die Munisipale Afbakeningsraad sal sy besluit na verwagting in Oktober bekend maak ná ‘n uitgebreide ondersoek en voorleggings.

Die munisipaliteite is in 2016 saamgevoeg om die JB Marks-munisipaliteit te vorm. Inwoners van Ventersdorp sê die sentralisering van die administrasie en dienste in Potchefstroom het hulle benadeel.

Hulle sê hulle ly onder gebrekkige dienslewering omdat die munisipaliteit nie aan Ventersdorp kan aandag skenk terwyl Potchefstroom self probleme ondervind nie.

error: Inhoud is beskerm !!