Die Vatikaan het aangekondig dat Pous Franciskus se pousmobiel omskep word in ’n mobiele kliniek vir kinders in die Gazastrook.

CBS News berig die voertuig, beman deur dokters en verpleegsters, sal lewensreddende toerusting en entstowwe vervoer en veral afgesonderde gebiede bedien.

Die Vatikaan beskryf dit as Pous Franciskus se “laaste geskenk” aan die oorloggeteisterde streek.

Humanitêre toegang tot Gaza is egter tans geblokkeer, en die kliniek sal eers kan werk wanneer toegang herstel is.

Die oorlog, wat op 7 Oktober 2023 begin het ná ’n Hamas-aanval, het reeds 50 000 mense, insluitend 15 000 kinders, se lewens geëis.

Die VN sê gesinne het nie kos, medisyne of water nie en kinders gaan slaap honger.

error: Inhoud is beskerm !!