Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (PRASA) sê diefstal en vandalisme van sy bates het gelei tot die ontwrigting van sy dienste regoor die land.

PRASA sê die reisverbod wat tydens die COVID-19-pandemie ingestel is, het die situasie vererger aangesien sekuriteitskontrakte gekanselleer is.

Die agentskap het sedertdien ‘n versnelde korridorbenadering geïmplementeer om sommige van sy dienste te herwin.

PRASA-woordvoerder Andiswa Makanda sê daar is begin om van die dienste in die Wes-Kaap te herwin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×