Pravin Gordhan, die voormalige minister van Openbare Ondernemings, is in die hospitaal opgeneem.

Die 75-jarige Gordhan het aan die begin van die jaar uitgetree, na die verkiesing van ‘n nuwe regering.

‘n Woordvoerder van die familie, Adrian Lackay, sê die voormalige kabinetslid se toestand is stabiel. Dit is nie duidelik waaroor hy in die hospitaal opgeneem is nie, maar Lackay sê die familie sal meer inligting bekend maak indien dit nodig is.

Die familie het versoek dat hul privaatheid in die tyd gerespekteer sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×