Pravin Gordhan, voormalige minister van openbare ondernemings, is in die ouderdom van 75 oorlede. Gordhan is Vrydagoggend, omring deur sy familie, in die hospitaal dood.

Adrian Lackay, familiewoordvoerder, het die nuus van Gordhan se afsterwe bevestig.

Gordhan is vroeër die week in die hospitaal opgeneem, waar sy familie gesê het dat hy die beste mediese sorg sal ontvang.

SABC-nuus skryf Gordhan, gebore in 1949, het sy merk in die Suid-Afrikaanse politiek gemaak. Tydens die apartheidsera het hy in 1971 by die Natalse Indiese Kongres aangesluit en vier jaar later in die uitvoerende raad gedien.

Hy het sy deel van vervolging deur die apartheidsregime gehad toe hy in 1981 vir sy politieke standpunt in hegtenis geneem is. Hy is in 1982 vrygelaat.

Van 1993 tot 1994 was Gordhan medevoorsitter van die Uitvoerende Oorgangsraad in Pretoria.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×