Die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsiale onderwysdepartement het nie die korrekte koopproses gevolg nie toe hulle 22 skootrekenaars teen meer as R2 miljoen gekoop het.
Volgens SABC News sal die geld van diensverskaffers verhaal word wat glo saam met amptenare die koste verhoog het.
Agt amptenare staar dissiplinêre stappe in die gesig.
Ndlovu sê die swakgehalte toestelle wat afgelewer is, stem nie ooreen met wat aangevra is nie.
Die EFF verwelkom die verslag, terwyl die MKP dit bevraagteken.
Ndlovu sê ’n leefstyloudit sal op alle betrokke amptenare gedoen word ná die verslag van die ondersoek wat op 15 Februarie vanjaar begin het.