Terwyl hy hom 'n spoedige herstel toewens het, het die DA die Noordwes Premier, Bushy Maape, se reis na Thailand – om mediese behandeling te kry  – veroordeel.

Hy sê dit dui aan dat Maape “geen vertroue” in die provinsiale gesondheidsorgstelsel het nie. IOL berig die party sê in ‘n verklaring die feit dat Maape eerder behandeling in die buiteland wil soek, dui op sy mosie van wantroue in die gesondheidstelsel waaroor hy oorsig hou.

Die Provinsiale regering het Maandag aangekondig dat Maape oorsee gaan vir mediese behandeling, nadat hy deur sy dokter verwys is. Maape se woordvoerder, Sello Tatai, het bevestig dat die premier sy eie fondse gebruik vir die mediese reis na die buiteland.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×