Die Amerikaanse president, Joe Biden, hou die situasie met pro-Palestynse betogings wat op universiteitskampusse regoor die VSA ontvou, noukeurig dop. Die Withuis sê die president word gereeld op hoogte gehou van wat gebeur.
Dit volg op gewelddadige protesaskies op kampusse regoor die land. Die New York polisie het die kampus van die Columbia Universiteit Dinsdagaand bestorm en sowat 300 betogers, wat glo buitestaanders is, gearresteer.
Die president se pers-sekretaris, Karine Jean-Pierre, het Woensdag aan joernaliste herbevestig dat Amerikaners die reg het om te betoog, solank dit vreedsaam en binne die wet is. Sy sê studente wat ’n gebou met geweld annekseer en beskadig kan nie toegelaat word nie.
Intussen berig Reuters dat ondersteuners van Israel Woensdag ‘n pro-Palestynse proteskamp by die Universiteit van Los Angeles, of UCLA, aangeval het. Gevegte het oor en weer uitgebreek. Die UCLA het gesê die opslaan van die kamp is onwettig en teen universiteitsbeleid.