President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op Suid-Afrika se jeug gedoen om meer respek vir ander te toon. Ramaphosa het Donderdagaand die inwoners van Langa in Kaapstad toegespreek.

Hy was in die Wes-Kaap om steun vir die ANC te werf voor die verkiesing. Die jeug het vir die president gesê hul grootste frustasie is werkloosheid en toenemende misdaad.

Ramaphosa het jeugleiers berispe en aangemoedig om self iets aan hul probleme te doen en nie net ‘n geraas te maak nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×