President Cyril Ramaphosa het tydens die uitpasseringseremonie van 1400 polisiekonstabels in Oudtshoorn gesê die mense van Suid-Afrika is moeg vir misdaad. Die mense is net so moeg vir misdadigers wat aanhou misdaad pleeg sonder om gestraf te word. Netwerk 24 berig die 10-duisend nuwe polisiekonstabels is Woensdag en gister op verskeie uitpasseringseremonies regoor die land in die SAPD verwelkom. Hulle taak sal wees om die land se burgers veilig te hou tydens die feestyd. Ramaphosa het gesê die land is moeg vir mishandeling en geweld op vroue, kinders en ander kwesbare groepe. Genoeg is genoeg, het die president verskeie kere gesê en bygevoeg die land is onder beleg van misdadigers. Misdaag saai verwoesting in gemeenskappe, vernietig lewens en gesinne en ondermyn die land se ekonomie. Ramaphosa het verder gesê ‘n volgende groep van 10-duisend konstabels begin vroeg volgende jaar met hulle opleiding.