Terwyl daar onder politici, en selfs Jan Alleman, groot afwagting heers oor ‘n datum vir die 2024-algemene verkiesing, word mense gevra om geduldig te wees.
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê Suid-Afrikaners moenie haastig wees vir ʼn datum vir volgende jaar se verkiesing nie.
Volgens die minister moet die Onafhanklike Verkiesingskommissie nog sy voorbereiding vir die verkiesing finaliseer. Ntshavheni sê president Cyril Ramaphosa sal hierna eers met die OVK konsulteer.
Sy doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om die president tyd en ruimte te gun, om op ‘n geskikte verkiesingsdatum te besluit.