Die presidensie sê die Verenigde State se besluit om Suid-Afrika se ambassadeur in die VSA, Ebrahim Rasool, uit die land te sit, is betreurenswaardig.
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het Vrydagaand op X gegaan en Rasool as persona non grata verklaar.
Rubio het gesê Rasool is nie meer welkom in Amerika nie en dat hy ‘n rassistiese politikus is.
Dit volg nadat Rasool president Donald Trump gister tydens ‘n webinar daarvan beskuldig het dat hy ‘n wit oppergesagsbeweging lei.
President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, vra vir diplomatieke dekorum tussen die twee lande, te midde van hierdie situasie.
LUISTER: