Die Amerikaanse president, Joe Biden, het Dinsdag die eerste keer gepraat oor die skokkende en ondenkbare wreedheid waarop Hamas talle vroue verkrag en gemartel het tydens die aanval op Israel op 7 Oktober. Biden het volgens Reuters oorlewendes se getuienis aangehaal tydens ‘n politieke fondsinsameling in Boston. Die wreedheid het eers die afgelope paar weke bekend geword. Daar is verslae van vrouens wat herhaaldelik verkrag is en hul liggame vermink word terwyl hulle nog lewe. Vrouens se lyke is ook geskend. Biden het gesê Hamas terroriste wat soveel pyn en lyding aan vrouens en meisies toedien en hulle dan vermoor, is afgryslik.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×