President Joe Biden van Amerika het kort na sy besoek aan Israel gesê die militante groep Hamas en pres Wladimir Poetin van Rusland tree dieselfde op. Die Daily Mail het berig pres Biden het gesê dat terroriste soos Hamas en tiranne soos Rusland nie mag wen nie. Hy het weer sy ondersteuning vir Israel tydens ‘n regstreekse toespraak op televisie uitgespreek en gesê Hamas en Rusland wil albei ‘n naburige demokrasie vernietig. Hy het kongreslede gevra om ‘n humanitêre hulppakket van $100 miljard goed te keur vir oorloggeteisterde lande. Pres Biden het gesê dit is nodig vir Amerika se nasionale veiligheid om te verseker dat Israel en die Oekraine sukses behaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×