President Cyril Ramaphosa benadruk tydens die NUK-vergadering dat die ANC nie sterwend is nie

Cyril Ramaphosa het Maandagmiddag na die afloop van die NUK-vergadering benadruk dat die ANC nie sterwend is nie.

Emosies het tydens die drie dae-lange vergadering hoog geloop in reaksie op Ace Magashule se tydelike skorsing verlede
week.

Ramaphosa het beklemtoon dat die werk van die ANC op alle vlakke voortgaan, ondanks die bitter faksie-binnegevegte tussen sy ondersteuners en die van Magashule.

Ramaphosa het ook genoem dat, alhoewel komplekse situasies op die vergadering bespreek is, daar ook ‘n sterk grondslag gelê is vir die ANC se werk vanjaar.

Volgens Netwerk 24 is een van die hoofprioriteite wat bespreek is, die Covid-pandemie wat saam met alle Suid-Afrikaners oorwin moet word.

Luister na potgooie hieronder