President Cyril Ramaphosa sê in ‘n beëdigde verklaring wat hy gister by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien het, dat oudpresident Jacob Zuma se private vervolging van hom onwettig en ongrondwetlik is.

Netwerk24 berig dat dit volgens Ramaphosa nie aan die vereistes vir ‘n geldige vervolging voldoen nie.

Ramaphosa het in sy repliek gesê daar is geen bewering dat hy wat Ramaphosa is, vertroulike inligting aan enigiemand bekend gemaak het nie.

Zuma het letterlik op die vooraand van die begin van die ANC se 55ste jaarlikse nasionale konferensie in Desember aangekondig dat hy Ramaphosa privaat gaan vervolg.

Dit hou verband met Zuma se bewering dat Ramaphosa nie teen Billy Downer, staatsaanklaer in Zuma se wapenskandaal-korrupsiesaak, opgetree het nie.

Volgens Zuma het Downer mediese inligting oor sy gesondheid aan die media gelek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×