President Cyril Ramaphosa het in die Rwandese hoofstad, Kigali aangekom. Hy sal saam met ‘n aantal ander staatshoofde ‘n geleentheid bywoon vir die 30ste herdenking van die volksmoord op die Tutsi-bevolkingsgroep in Rwanda, wat in 1994 plaasgevind het. Ramaphosa sal ook met die Rwandese president, Paul Kagame vergader. Die twee presidente sal na verwagting fokus op betrekkinge tussen Suid-Afrika en Rwanda, sowel as die huidige onbestendige veiligheidsituasie in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo. Suid-Afrika het soldate in die DRK ontplooi as deel van ‘n mag van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Hulle sal na verwagting ook die kwessie bespreek van Rwandese burgers wat uit die land gevlug het en tans in Suid-Afrika woon.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×