President Cyril Ramaphosa bring die parlement vandeesweek op die hoogte van kwessies van nasionale belang

President Cyril Ramaphosa sal die parlement vandeesweek op die hoogte bring van talle kwessies van nasionale belang.

Dit sal die vordering met die instelling van die land se ekonomiese heropbou- en herstelplan insluit.

Die presidensie het gister ‘n verklaring uitgereik dat Ramaphosa vrae oor die plan, wat daarop gemik is om werk te skep, Vrydag in die Nasionale Vergadering sal beantwoord.

Hy sal die parlement ook op die hoogte bring van die regering se pogings om maatskaplike kohesie en nasiebou te bevorder.

Verslag sal gedoen word oor die regrukplan vir munisipaliteite, en verwikkelinge in die Covid-19-inentingsprogram sal ook aandag geniet.

Luister na potgooie hieronder