Die ANC se nasionale werkkomitee, of NWK, het gister besluit dat ANC-LP’s die aanvaarding van die artikel 89-paneelverslag oor die Phala Phala-aangeleentheid moet teenstaan.
Dié verslag dui daarop dat president Cyril Ramaphosa moontlik die Grondwet oortree het.
Die NWK sal na verwagting vandag by die ANC se nasionale uitvoerende komitee aanbeveel dat ANC-LP’s nie môre tydens ‘n debat in die Parlement oor die aangeleentheid ten gunste van die verslag moet stem nie.
Intussen word daar verwag dat president Ramaphosa vandag die nasionale uitvoerede komitee se spesiale vergadering sal bywoon.
Intussen het Ramaphosa aangedui dat hy ʼn aansoek om hersiening by die Konstitusionele Hof gaan indien om die Phala Phala-verslag ter syde te laat stel.
Sy prokureur, Peter Harris, het dit gister bevestig.
Harris het gesê die aansoek sal binnekort gebring word.