President Cyril Ramaphosa gaan later vanoggend die Grensbestuursowerheid in Musina, Limpopo, bekend stel.
Die doel van die owerheid is om Suid-Afrika se grense te beskerm.
Die grense sukkel met goedere wat gesmokkel word en die onwettige beweging van mense.
Die owerheid is verantwoordelik vir die land se bestuur en beheer van grensposte, lughawens en seehawens.
Dit is in April vanjaar as ‘n openbare entiteit gestig.