President Cyril Ramaphosa gaan vandag KwaZulu-Natal besoek

President Cyril Ramaphosa gaan vandag KwaZulu-Natal besoek om hom te vergewis van die omvang van die skade wat in die afgelope dae se onrus en geweld aangerig is.

Luidens berigte is 91 mense in onrusverwante geweld in die provinsie dood en minstens 1 400 agter tralies.

Die president gaan na verwagting ook vergader met die provinsiale regering, veiligheidsmagte, sakelui, interkerklike groepe
en politieke partye.

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, sal na verwagting ook vandag Phoenix, noord van Durban besoek waar geweld en rasse-spanning voorkom.

Intussen gaan wetstoepassers voort met operasies om beslag te lê op goedere wat tydens plundertogte in Gauteng gesteel is.

Luister na potgooie hieronder