President Cyril Ramaphosa gee mynmaatskappye die skuld vir die toename in onwettige mynaktiwiteite in Suid-Afrika. Ramaphosa het gister die 30ste Africa Mining Indaba in Kaapstad toegespreek. Hy het aan die byeenkoms gesê onwettige mynbou word deur hooggeplaaste mense aangehelp.
Hy het gesê van die groot rolspelers in onwettige mynbou is in oorsese lande gesetel. Die president het gesê die polisie het verskeie arrestasies gemaak in verband met onwettige mynbou. Ramaphosa het bygevoeg groot mynmaatskappye wat myne laat vaar, skep die geleentheid vir onwettige mynwerkers om met hul bedrywighede te begin.