President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die land na aangepaste Vlak 3 van die inperkingsregulasies sal skuif

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die land na aangepaste Vlak 3 van die inperkingsregulasies sal skuif.

Volgens die president het die afgelope sewe dae se daling in daaglikse infeksies daartoe bygedra om die inperking aan te pas.

Onder die aangepaste Vlak 3 van inperking sal alkohol-verkope weer toegelaat word van Maandae tot Donderdae van soggens 10 uur tot saans 6-uur.

Restaurante en kroeë sal in die week van soggens 10 uur tot saans 10 uur toegelaat word om alkohol te
bedien wat op die perseel genuttig word.

Die aanklok-reel word ook aangepas en sal geld van 11 uur saans tot 4 uur soggens.

Godsdienstige byeenkomste mag hervat onderhewig aan regulasies, wat neerkom op maksimum 50 mense binnenshuis en 100 mense buitenshuis of 50% van ‘n vertrek se okkupasie.

Die president het ook bekendgemaak dat strande, riviere, damme en parke oopgemaak word.

Luister na potgooie hieronder