President Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse weermag verleng

President Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse weermag verleng om die polisie te ondersteun in die bestryding van misdaad en die handhawing van wet en orde.

Ramaphosa het aangekondig dat die Weermag nou tot 13 September ontplooi sal wees.

Ramaphosa het ook gesê dat slegs 10  van die oorspronklike 25 000 soldate betrokke is by dié verlenging, en sal bykans R255-miljoen kos.

Ramaphosa het die Nasionale Raad van Provinsies ingelig en sê sy besluit sal ook aan die waarnemende Speaker van die Nasionale Vergadering en die medevoorsitters van die gesamentlike staande komitee oor verdediging gekommunikeer word.

Luister na potgooie hieronder