President Cyril Ramaphosa het gesê die streek se leiers sal alles moontlik doen om Mosambiek te ondersteun in die konflik wat in die noorde van dié land woed

 President Cyril Ramaphosa het gister tydens ‘n werksbesoek van sy Malawiese eweknie, Lazarus Chakwera, in Pretoria gesê die streek se leiers sal alles moontlik doen om Mosambiek te ondersteun in die konflik wat in die noorde van die land woed. 

Geweld het sedert Augustus vanjaar begin toegeneem in die olie- en gasryke noordelike provinsie, Cabo Delgado, met regeringsmagte wat betrokke is in gevegte met militante wat verbind word met die Islamiese Staat.

Ramaphosa sê die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sal in die komende dae die saak bespreek en alle moontlike ondersteuning aan Mosambiek bied. 

Luister na potgooie hieronder