President Cyril Ramaphosa het gisteraand aangekondig dat die land tydens die Paastydperk aan strenger Covid 19-regulasies onderwerp word

President Cyril Ramaphosa het gisteraand aangekondig dat die land tydens die Paastydperk aan strenger Covid 19-regulasies onderwerp word.

Volgens die president het die aantal positiewe gevalle wat daagliks aangemeld word, die afgelope ruk gestabiliseer, maar is dit juis nou nodig om streng op te tree om die derde vlaag van infeksie teen te werk.

Hoewel die land op Vlak 1 van die inperking bly, sal drankwinkels hierdie Vrydag tot Maandag gesluit wees, dus vir vier dae.

Restaurante en kroeë mag steeds volgens hul regulasies drank bedien vir aansit-kliënte.

Die aandklokreel bly dieselfde vir hierdie tydperk, terwyl strande, parke en damme ook oop bly, als onderhewig aan protokolle.

Net 100 mense word steeds by begrafnisse toegelaat, terwyl interprovinsiale reise steeds mag plaasvind.

Geestelike saamtrekke mag in hierdie tydperk plaasvind, met ‘n maksimum van 250 mense binnenshuis en 500 buitenshuis, of dan 50 persent van ‘n gebou of venue se okkupasie-vermoë.

Volgens die president sal die regulasies binnekort weer hersien word.

Luister na potgooie hieronder