President Cyril Ramaphosa het gisteraand die nuwe kabinetsveranderinge aangekondig

President Cyril Ramaphosa het gisteraand die kabinetsveranderinge aangekondig.

Twee bedankings is bekendgemaak – Tito Mboweni as minister van finansies, en dr. Zweli Mkhize as minister van gesondheid.

Die portefeulje van staatsveiligheid word die verantwoordelikheid van die minister in die presidensie.

Die ministérie van menslike nedersettings word geskei van díé van water en sanitasie.

Die nuwe aanstellings is soos volg:
Minister van gesondheid: Joe Phaahla
Minister in die presidensie: Mondli Gungubele
Minister van kommunikasie: Khumbudzo Ntshavheni
Minister van finansies: Enoch Godlongwana
Minister van verdediging: Thandi Modise
Minister van menslike nedersettings: Mmamoloko Kubayi-Ngubane
Minister van staatsdiens en administrasie: Ayanda Dlodlo
Minister van kleinsake-ontwikkeling: Stella Ndabeni-Abrams
Minister van toerisme: Lindiwe Sisulu
Minister van water en sanitasie: Senzo Mchunu

Ramaphosa het ook verskeie aanstellings in adjunk-ministerposte aangekondig.

Dr. Sydney Mufamadi word as die nasionale veiligheidsraadgewer aangestel.

Luister na potgooie hieronder