President Cyril Ramaphosa het Maandagaand die land toegespreek oor ʼn plan om Suid-Afrika se kragkrisis op te los. Dít volg na afloop van verskeie rolspeler-vergaderings met sakeondernemings, die arbeidsmag, die burgerlike samelewing en politieke partye. Eskom sukkel nou reeds maande lank om die land se ligte aan te hou. Ramaphosa het gesê die aanhoudende kragonderbrekings het geweldige skade aan die land se ekonomie aangerig. Rosestad-nuus het vroeër berig Ramaphosa het reeds ‘n geruime tyd lank gesê dat hy besig is om planne rakende die kragkrisis te beraam. ‘n Bloemfonteinse sakeman het gesê dat sien glo is. Hoewel hy dink Ramaphosa se planne klink goed, wonder hy of dit ooit deurgevoer gaan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×