President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op ryk lande gedoen om opgehoopde Covid-19 entstof beskikbaar te stel

President Cyril Ramaphosa het, tydens ‘n virtuele vergadering van die Wêreld Ekonomiese Forum, ‘n beroep op ryk lande wat Covid 19-entstof ophoop gedoen om dit aan ander lande beskikbaar te stel.

Volgens Ramaphosa het sommige lande tot vier keer meer entstof as wat hul bevolkings benodig.

In sy hoedanigheid as voorsitter van die Afrika Unie, het Ramaphosa gesê niemand is veilig as mense in alle lande nie teen Covid-19 ingeënt word nie.

Hy het ook wêreldleiers aangemoedig om Afrika te oorweeg vir handels- en sakegeleenthede.

Hy sê Suid-Afrika bou ‘n nuwe ekonomie wat meer inklusief en volhoubaar sal wees.

Luister na potgooie hieronder