President Cyril Ramaphosa het ‘n parlementêre vraag oor die volle koste van sy Oekraïne-Rusland vredesmissie in Junie ontduik en sê dit sal in die Presidensie se jaarverslag onthul word.
Hy het ook nog ‘n vraag van die leier van die DA, John Steenhuisen, oor die koste van die gehuurde vliegtuig waarop sy beskermingseenheid en ‘n mediakontingent vasgekeer was, vir meer as ‘n dag uitgestel.
Meer as 100 veiligheidsmagpersoneel is aanvanklik toegang tot Pole geweier vanwaar hulle die president na Oekraïne sou vergesel.
Die president sê dat besonderhede oor die koste van die SAL-huurvlug vir sy veiligheidspersoneel ‘n vraag is wat die beste aan die Suid-Afrikaanse Polisie en die weermag gestel behoort te word.