President Cyril Ramaphosa het op Internasionale Vrouedag hulde gebring aan die vroue van Suid-Afrika

President Cyril Ramaphosa het op Internasionale Vrouedag hulde gebring aan die vroue van Suid-Afrika en die rol wat hulle speel om die Covid 19-pandemie te beveg.

Die president sê in sy weeklikse brief aan Suid-Afrikaners dat die pandemie vroue se vermoë op die voorgrond geplaas het.

Hy sê hulle vermoë om te organiseer, saam te werk, leierskap te neem en sukses te bereik is punte wat hy wil uitwys.

Ramaphosa het ook die uithouvermoë en dapperheid van vroue geloof wat aan die voorpunt staan om die pandemie te beveg.

Hy het sy bedanking gegee aan vroue onderwysers, burgerregte aktiviste, navorsers, sakeleiers en wetenskaplikes vir hulle bydrae.

Verder het hy gesê dat dit ‘n standaard gestel het wat Suid-Afrikaners moet aanmoedig om ‘n gelyke toekoms vir almal te bou.

Luister na potgooie hieronder