President Cyril Ramaphosa het regter Owen Lloyd Rogers as ‘n regter van die Konstitusionele Hof aangestel. Luidens ‘n verklaring wat laat Woensdag deur die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, uitgereik is, is Rogers ‘n uiters ervare regter wat tans as ‘n regter in die Wes-Kaapse afdeling van die hooggeregshof dien. Na baie jare in private regspraktyke was hy die afgelope nege jaar op die regsbank. Die Regterlike Dienstekommissie het talle onderhoude gevoer alvorens vier name eindelik as aanbevelings aan die president voorgelê is. Ramaphosa het met hoofregter Zondo en leiers van politieke partye in die Nasionale Vergadering beraadslaag voordat hy Rogers aangestel het. Rogers sal in Augustus as regter by die land se hoogste hof aansluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×