President Cyril Ramaphosa het salarisverhogings vir ‘n aantal top regerings- en parlementêre poste goedgekeur.

Die president het aangekondig dat die verhogings terugwerkend is vanaf 1 April 2021.

Lede van die parlement en ander senior wetgewers het ook verhogings gekry.

Op grond van die jongste verhogings sal adjunkpresident David Mabuza nou ongeveer R3-miljoen per jaar ontvang. Die land se ministers sal ongeveer R2,5-miljoen per jaar ontvang en die adjunkministers ongeveer R2-miljoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×